Is jy lief vir die kunste? Dan is jy nou op die regte plek! Baie welkom by die US Woordfees se webblad, waar jy alles vind wat jy soek oor die verlede, hede en veral die toekoms van die Woordfees en die WOW (Woorde Open Wêrelde)-projek.
'n Suksesvolle Woordfees 2010 is pas op Stellenbosch gehou vanaf 1 tot 7 Maart. Vanjaar spog ons met 'n rekord aantal kaartjieverkope - 18% meer as verlede jaar, wat toe reeds die grootste Woordfees was. Met "Baljaar" as tema was daar sport en sports vir alle woord-entoesiaste.
In die elf jaar van sy bestaan, het die Woordfees sedert 2000 uitgegroei tot 'n nasionale fees met 'n sterk internasionale karakter, wat jaarliks feesgangers lok van oor die hele Suid-Afrika én uit die buiteland. Dit het fenomenaal gegroei van die eerste 1000 mense in 2000 tot 38 500 in 2009. Van 2008 tot 2009 het die fees met meer as 37% gegroei – en dit tydens die resessie.
Met die WOW-projek word tans jaarliks sowat 17 000 leerders van 139 skole bereik.





