2 - 11 Maart 2018

Dae
Ure
Minute
Sekondes

Kuesta

kuesta

Vier universiteitskore saam op Stellenbosch

Kuesta, die twee-jaarlikse byeenkoms van voorste Suid-Afrikaanse universiteitskore, word op 8 en 9 September in Stellenbosch aangebied.

Vier kore neem vanjaar deel, naamlik dié van die Universiteit van Johannesburg (UJ), Nelson Mandela Universiteit (NMU) in Port Elizabeth, Noordwes Universiteit (NWU) in Potchefstroom, en die gasheer, Stellenbosch (US).

Twee formele konserte word in die Endlersaal aangebied waar al vier kore saam sal optree. Die vier kore sal ook een item sáám uitvoer. Kaartjies kos R140 en is te koop by Computicket.

Die NMU was die gasheer vir Kuesta 2015. Die 2019-gasheer word tydens vanjaar se byeenkoms bekend gemaak.

Vir meer inligting oor die geleentheid, kontak asseblief vir Ulrike Vorndran by woord@sun.ac.za of 021 886 5036. Om meer oor Kuesta te wete te kom, stuur ‘n e-pos aan Peet Ryke, ’n Kuesta-bestuurslid, by peet.ryke@nwu.ac.za.


Kontakinligting
Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch
+27 (0) 21 886 5036
+27 (0) 87 238 2078
adminfees@sun.ac.za
Meld aan vir ons nuusbrief