wftrofees

WoordTROfees – wenners vir 2018

Die 2018 US Woordfees WoordTROfees is op 18 April by ’n spesiale toekenningsgeleentheid by Hog House op die Spier-landgoed oorhandig. Die wenners het elkeen ’n kunswerk en kontant ontvang. Dié prystuitdelingsgeleentheid is aangebied met die ondersteuning van die ATKV.

Die wenners is:

  • Toneel: Beste speler - Rehane Abrahams (Womb of Fire)
  • Toneel: Beste byspeler - Kopano Maroga (Buite land)
  • Toneel: Beste regisseur - Sara Matchett (Womb of Fire)
  • Toneel: Beste teaterstuk - Womb of Fire
  • Toneel: Beste Woordfeesdebuut - Klippe wat val
  • Beste opkomende kunstenaar(s) - Carla Smith (NRNNSA)
  • Kontemporêre musiek: Beste musiekgedrewe produksie - Rooidag – NP van Wyk Louw getoonset en gesing
  • Kontemporêre musiek: Beste solo-kunstenaar - Elvis Blue (Saam)
  • Kontemporêre musiek: Beste groep - Gesnaarde gedigte
  • Klassieke musiek: Vokaal - Conroy Scott (Elijah)
  • Klassieke musiek: Instrumentaal - Signum Quartet
  • Visuele kunste: Beste aanbieding - Manyatsa Monyamane (Ongetiteld)
  • Woordkuns - Die kuns van verdwyn
  • Beste tegniese prestasie - Eeufeeskonsert (klankmeng: Johan Griesel)

Die boekpryswenners vir die beste verkope in vier verskillende kategorieë is:

  • Prosa: Elsa Joubert – Spertyd
  • Politiek en aktueel: Thandeka Gqubule – No Longer Whispering to Power
  • Leefstyl: Antoinette Pienaar – Die lang man sonder skaduwee
  • Kinder- en jeugboeke: Philip de Vos – Vandag is ek ’n windlawaai

Die volgende spesiale pryse is op die aand van die toekennings oorhandig word: 

  • Die pendeldiens-span is aangewys as die Feeshelde wat vanjaar ’n besonderse bydrae tot die sukses van die US Woordfees gelewer het.
  • Janine Neethling het die In Verbondenheid-prys ontvang. Hierdie prys word toegeken aan ’n rolspeler wat binne die omgewing van die US Woordfees, WOW en die US Koor nouer en beter samewerking bewerkstellig het sonder dat hy/sy monetêr daarvoor vergoed is.

Kontakinligting
Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch
+27 (0) 21 886 5036
+27 (0) 87 238 2078
adminfees@sun.ac.za
Meld aan vir ons nuusbrief