100 Persente

100 Persente 

Die Woordfees bied iets vir almal, maar almal kan ongelukkig nie bekostig om feesproduksies by te woon nie. Die 100 Persente-inisiatief wil in die jaar waarin die Universiteit Stellenbosch sy eeufees vier, sorg dat meer mense uit ons hele gemeenskap saam kan feesvier. 

Dit werk só:

Verskeie produksies sal kaartjies teen R100 elk aanbied, wat op Computicket vir die 100 Persente-projek gemerk is. Alle 100 Persente-kaartjies wat jy koop, sal deur die Woordfees-span beskikbaar gemaak word aan belangstellendes wat nie kaartjies kan bekostig nie. Vir die toedeling van kaartjies werk die Woordfees saam met WOW-skole en ander sosiale-impak-inisiatiewe. 

Jy kan 100 Persente-kaartjie koop vir die volgende produksies:

Liewe Heksie in die sirkus, Vlerke vir almal, Familiedag, Eeufeeskonsert, Die riel van hip hop, The Soil, Jazz in the Native Yards, Bloed is rooi, Beloofde land, Dans van die watermeid. 

Die 100 Persente-inisiatief is ’n uitnodiging om die liefde en goeie dinge in jou lewe te deel. Deur 100 Persente-kaartjies te koop, maak jy die Woordfees meer inklusief en verskaf jy dalk ’n kaartjie of twee aan die groot kunstenaars van die toekoms.

KLIK HIER OM KAARTJIES TE KOOP


Kontakinligting
Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch
+27 (0) 21 886 5036
+27 (0) 87 238 2078
adminfees@sun.ac.za
Meld aan vir ons nuusbrief