Bly Vrydag

Bly Vrydag, 2 Februarie 2018

Bly kalm, maar moenie Bly Vrydag op 2 Februarie 2018 misloop nie.

Dis wanneer die US Woordfees 3 000 kaartjies vir vanjaar se fees teen afslag van 20-80% aanbied.

ALLE kaartjies wat op die Bly Vrydag-verkoping beskikbaar is kos slegs R30.

“Hiermee wil ons aan die mense van Stellenbosch dankie sê vir jare se lojale ondersteuning. Met hierdie baie bekostigbare kaartjies wil ons ook nuwe feesgangers lok, want die Woordfees wil ’n fees vir die hele Stellenbosch wees – nie net vir mense met diep sakke nie. Ons beskou teater, musiek en oop gesprek as ’n noodsaaklikheid en nie ’n luukse nie.

“Ons is bly, want kaartjieverkope het oor die laaste drie jaar nog elke jaar gestyg. Met Bly Vrydag wil ons baie ander mense saam met ons blymaak,” sê Saartjie Botha, die US Woordfeesdirekteur. Kaartjieverkope is tans 8% hoër as in die oorstemmende tyd verlede jaar.

’n Honderd van die vertonings wat by die Woordfees te sien sal wees, word by hierdie aanbod aangesluit.

Daar sal spesiale aanbiedings op verskeie opwindende produksies wees, onder meer, Laurika Rauch, Familiedag (met Jimmy Nevis, Early B, Jeremy Loops, Theuns Jordaan en baie ander topkunstenaars), ’n gesprek met Jacques Pauw, die hoogaangeskrewe toneelstuk Asem, en die prettige musiekteaterstuk vir oud en jonk – Liewe Heksie in die sirkus.

Bly Vrydag werk vanjaar só:

  • In die verlede is net kontant vir kaartjies op Bly Vrydag aanvaar, maar vanjaar is daar ook kaartmasjiene beskikbaar.
  • Kaartjies is slegs by die drie ondergenoemde punte beskikbaar en slegs tydens die aangeduide tye.
  • Die aanbod geld net vir uitgesoekte vertonings.
  • Die aantal afslagkaartjies per vertoning is beperk.
  • ’n Vaste aantal kaartjies word per verkoopspunt beskikbaar gestel.
  • Slegs ses kaartjies per persoon.
  • Vir R30-kaartjies kan geen besprekings of telefoonbesprekings gemaak word nie.
  • Die uithou of omruil van hierdie Bly Vrydag-kaartjies is ook nie moontlik nie.

Bly Vrydag-kaartjies is by die volgende drie plekke op die volgende tye beskikbaar:

  • 07:00 – 09:00: Hoërskool Lückhoff, Bloekomlaan, Idasvallei
  • 10:00 – 12:00: Woordfeeskantoor, Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch, middedorp
  • 13:00 – 14:00: Loopvlak van die Neelsie-studentesentrum, Rooiplein, Universiteit Stellenbosch
  • 16:00 – 21:00: Woordfeeskantoor, Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch, middedorp

Die volledige feesprogram is op die Woordfees se webwerf beskikbaar: www.woordfees.co.za


Kontakinligting
Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch
+27 (0) 21 886 5036
+27 (0) 87 238 2078
adminfees@sun.ac.za
Meld aan vir ons nuusbrief