2 - 11 Maart 2018

Dae
Ure
Minute
Sekondes

Opelugmusiek saam met Heweuls en die manne net 'n vreugde

Die US Woordfees 2017 bied met trots aan

Opelugmusiek saam met Heweuls en die manne net ‘n vreugde

Die insluit van Coetzenburg as opelug musiek-venue was een van 2016 se hoogtepunte. Een van die uitskieters in 2017 beloof te wees die konsert met Heuwels Fantasties, Coenie de Villiers, Brandon October, Charl du Plessis en meer.

Om die verhoog met ander kunstenaars te deel, sê Pierre Greeff van Heuwels Fantasties, is ‘n tema wat dwarsdeur die groep se loopbaan aanwesig is. “Coenie is op ons tweede album 'n gas en medeskrywer en dit is al in 2011 release. Ons het groot vriende geraak daarna en hy het selfs Hunter [Kennedy, van Fokofpolisiekar] se huwelik bevestig.”

Nog iemand met wie hulle al voorheen saamgewerk het, is Janine Neethling, die musiekregisseur. “Janine is briljant met regie en ons is baie lief vir haar. Sy gaan ook op ons nuwe album feature op klawers!” verklap hy.

Ook verskille in hoe ander se musiek klink, behoort nie ‘n probleem te wees nie, meen hy. “Goeie musiek bly goeie musiek.” Veral as ‘n mens dit onder sterre kan geniet: “Daar is niks beter as mooi liedjies en mooi weer saam nie … selfs as dit reën is dit ’n vibe van Wellingtons, poncho’s en saambrele met modder en musiek.” 

Heuwels en die Manne & die Big Band Jol tree op 5 Maart om 18:30 op by Coetzenburg. Die tydsduur is 140 minute en kaartjies kos R200 of R150 (R100 vir studente) vooraf of R220 of R170 (R120 vir studente) by die deur.

Vir meer inligting of om ’n onderhoud te reël, kontak vir Frieda le Roux by die Woordfees-kantoor by 082 742 4156 of friedaleroux@sun.ac.za. Die US Woordfees word van 3-12 Maart 2017 in Stellenbosch aangebied. Die volledige feesprogram is beskikbaar op ons webwerf, www.woordfees.co.za.

 

Meer oor die produksie

Musiekregie: Janine Neethling

Orkes: Die Woordfees Big Band onder leiding van Mike Campbell

Met: Die Heuwels Fantasties, Coenie de Villiers en Loyiso Bala, Charl du Plessis, Brandon October, Nic Nicolaidis, Schalk Bezuidenhout plus ’n verrassing of twee


Kontakinligting
Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch
+27 (0) 21 886 5036
+27 (0) 87 238 2078
adminfees@sun.ac.za
Meld aan vir ons nuusbrief