2 - 11 Maart 2018

Dae
Ure
Minute
Sekondes

Kortverhaal Kompetisie

Hierdie name in US Woordfeesbundel 2018!

Die skrywers van die verhale wat in die US Woordfeesbundel vir 2018 opgeneem gaan word, is tydens die fees se programbekendstelling op Donderdagaand 16 November bekend gemaak.

Vyf-en-twintig verhale is uit 237 inskrywings gekies. Dit sal gepubliseer word in ‘n bundel – 100% – wat by die US Woordfees van 2-11 Maart 2018 te koop sal wees.

In 2016, die eerste jaar wat die kompetisie gehou is, het 99 skrywers verhale ingestuur. Verlede jaar was die oes net meer as 180. Suzette Kotzé-Myburgh, die sameroeper van die beoordelaarspaneel, sê dit bly vir haar ’n verrassing om die inskrywings te lees.

“Dis nou al die derde Woordfeesbundel, en elke jaar is dit ’n groot verrassing om te sien watter skrywers se verhale gekies is, want die keurproses geskied streng anoniem. Soos die vorige jare is die wenskrywers ’n mengsel van gevestigde name en nuwe skrywers – vanjaar is daar ’n hele tien skrywersname wat ek nog nie voorheen teëgekom het nie. Twee van die skrywers behaal ’n driekuns deurdat hulle werk ook in Bly (2016) en Wys (2017) opgeneem is, naamlik Martin Steyn en Gerda Taljaard.

Saartjie Botha, US Woordfeesdirekteur: “Dit maak my superopgewonde om ’n lys van 25 name te sien, en die helfte daavan nie te herken nie. Dit wys net hoeveel talent en nuwe stemme daar buite is.”

Volgens Marius Louw, uitvoerende hoof van Du Toitskloof-wyne, is die belangstelling oorweldigend.

“Dit is ’n aanduiding van die kreatiewe vlam wat helder onder gepubliseerde en ongepubliseerde skrywers brand. Du Toitskloof-wyne sien uit om deel te wees van hierdie vername element van die Woordfees en glo dat die inskrywing 'n bydrae sal lewer tot die Afrikaanse letterkunde.”

Die lys van skrywers, in alfabetiese volgorde, is:

  1. Coen Basson
  2. Emma Bekker
  3. MS Burger
  4. Antoinette Diedericks
  5. Anton Döckel
  6. Natie Engelbrecht
  7. Nicolette Fouldien
  8. Rachelle Greeff
  9. Michael Green
  10. Matilda Kruger
  11. Martin Laubscher
  12. Evert Louw
  13. Wayne Muller
  14. Belinda Nel
  15. Johann Nell
  16. Clari Niemand
  17. Paula Pereira
  18. Chase Rhys
  19. Naas Steenkamp
  20. Martin Steyn
  21. Gerda Taljaard
  22. Santie van der Merwe
  23. Maretha van der Westhuysen
  24. Nanette van Rooyen
  25. Boeksie Wessels


Kontakinligting
Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch
+27 (0) 21 886 5036
+27 (0) 87 238 2078
adminfees@sun.ac.za
Meld aan vir ons nuusbrief