2 - 11 Maart 2018

Dae
Ure
Minute
Sekondes

kykNET Gespreksreeks

kykNET Aktuele Gespreksreeks

Prontuit met Kabous Meiring, Winslyn met Divan Botha, KN Verslag in gesprek met Waldimar Pelser, en Flits met Bouwer Bosch is aktualiteitsprogramme wat kykNET-kykers elke week van Maandag tot Donderdag instemmend laat kopknik of lus gee om sommige kenners ’n ding of twee oor politiek, kultuur of die ekonomie te vertel.

Met die kykNET Aktuele Gespreksreeks kry Woordfeesgangers die kans om in die gehoor te wees vir ’n verskeidenheid gesprekke oor onderwerpe wat wissel van die Kaapse waterkrisis en 2019-verkiesing tot entrepreneurskap onder die jeug en die soeke na die Marius Weyers en Anna-Mart van der Merwe van die toekoms.

Die Prontuit-gesprek op Maandagaand en die KN Verslag-gesprek op Woensdagaand sal regstreeks uitgesaai word.

  • Let wel: Al die gesprekke is ’n uur lank en is gratis, maar sitplek is beperk.
  • Indien jy belangstel om een van die regstreekse uitsendings by te woon, stuur so gou moontlik ’n e-pos na Frieda le Roux: friedaleroux@sun.ac.za
  • Vir die Flits- en Winslyn-gesprekke op Dinsdag en Donderdag is geen besprekings moontlik nie. Diegene wat eerste by die gesprekslokale is, kry plek.
Klik op onderstaande skakels vir meer inligting oor die gesprekke:

Kontakinligting
Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch
+27 (0) 21 886 5036
+27 (0) 87 238 2078
adminfees@sun.ac.za
Meld aan vir ons nuusbrief