2 - 11 Maart 2018

Dae
Ure
Minute
Sekondes

Piekniek wil van vóór af relevant wees

Die US Woordfees 2017 bied met trots aan

Piekniek wil van vóór af relevant wees

Hoe maak ‘n mens wanneer jy in die voetspore van ‘n baie bekende toneelstuk moet staan? Wolf Britz, regisseur van Piekniek by Mpande, née Dingaan pak eenvoudig die bul by die horings. “Dis nie ’n tribute of ‘n restaging nie. Dis ’n nuwe show. En hoe? Jy doen dit net. Dis ons job.”

In 1988 haal die destydse produksie van Piekniek, geskryf deur Johannes Kerkorrel en Koos Kombuis, die voorblaaie van al ’n wat Suid-Afrikaanse dagblad is. ’n Jong geslag is besig om vrae te vra oor die status quo – boonop in Afrikaans. Die establishment was geskok dat jong kreatiewes soos Nataniël, Marthinus Basson, Marion Holm, Marcel van Heerden en Gerrit Schoonhoven hulle só blatant uitdaag.

Wolf hoop om nog met al die oorblywende lede van die destydse geselskap te kan praat oor hul ervaring. Hy sê pront hy is nie die regisseur van Piekniek by Dingaan nie, met wel dié van Piekniek by Mpande, née Dingaan. “Ek werk nie met die ikoon nie maar dalk eerder met mense se herrinnering daarvan. Ons hede word deur ons verlede bepaal en met Piekniek by Mpande ondersoek ons die moontlikheid van ’n toekoms. Ons maak iets nuut.”

Die onse is hierdie pond is Nicole Holm, Dean Balie, Ludwig Binge, Ilana Cilliers, Karli Heine, Marlo Minnaar en Pierre Theron. Onder die leiding van Louis Roux sal hulle self die verwerking van die oorspronklike Piekniek behartig.

Oor hierdie ‘nuwe’ weergawe vir vandag, sê Gerrit Schoonhoven, die regisseur van Piekniek by Dingaan: “Kry collaborators wat briljant is met ‘n kabaret wat, vir die tyd waarin dit asemhaal, betekenis moet hê. Moenie skrik vir outoriteit nie, die status-quo kan omvergewerp word. Heilige koeie kan bloedneus geslaan word. Wees dapper, broers en susters.”

Piekniek by Mpande née Dingaan word op 6 Maart om 20:30, 7 Maart om 17:00 en weer om 20:30 en 11 Maart om 17:30 en weer om 20:30 opgevoer by Rhenish Girls’ High School. Die tydsduur is 90 minute en kaartjies kos R130 vooraf of R150 by die deur.

Vir meer inligting of om ’n onderhoud te reël, kontak vir Frieda le Roux by die Woordfees-kantoor by 082 742 4156 of friedaleroux@sun.ac.za. Die US Woordfees word van 3-12 Maart 2017 in Stellenbosch aangebied. Die volledige feesprogram is beskikbaar op ons webwerf, www.woordfees.co.za.

 

Meer oor die produksie

’n NATi Feesteforum produksie

Geen o/16 (S,V,D)

Oorspronklike teks en musiek: Johannes Kerkorrel en Koos Kombuis

Verwerking: Louis Roux en die geselskap

Regie en beligtingsontwerp: Wolf Britz

Met: Nicole Holm, Dean Balie, Ludwig Binge, Ilana Cilliers, Karli Heine, Marlo Minnaar en Pierre Theron


Kontakinligting
Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch
+27 (0) 21 886 5036
+27 (0) 87 238 2078
adminfees@sun.ac.za
Meld aan vir ons nuusbrief