2 - 11 Maart 2018

Dae
Ure
Minute
Sekondes

Laat ons weer sing

Die Universiteit Stellenbosch Woordfees 2016 bied met trots aan

Laat ons weer sing

Hierdie produksie is tydens Woordfees 2016 aangebied ter viering van Adam Small se tagtigste verjaardag. Adam het egter in Junie vanjaar gesterf. Vanweë die gewildheid van die digter én die unieke program van Adriaan Brand in sy eer saamgestel het, is daar besluit om dit tydens Woordfees 2017 te herhaal.

Adam was een van die skitter-juwele in die Afrikaanse kroon. Sy digkuns en teaterwerk kommunikeer soveel meer as die ooglopende. Boonop was hy een van die min stemme wat al so lank en so deurlopend in Kaaps uitting gee aan sy kreatiwiteit.

Die vermening van die talente van verskeie kreatiewe geeste – aan skryf-, sing- én speelkant – soos Koos Kombuis, Frazer Barry, June van Merch, Adriaan Brand, Wessel Pretorius en die unieke Solms Delta Musiekprojek het gelei tot Kô laat ons sing!, ’n storie wat waardig is om vertel te word.

’n Opgewonde June van Merch gaan weer sing. “Dit sal goed wees om weer te sing en saam met die ander kunstenaars te werk. Ek sien ook uit na die toonsettings en die musikale komposisie.”

Oor haar pad met Small se werk, sê sy: “Behalwe vir van sy gedigte op universiteit vir die spraak eksamen en verskeie voorlesings was daar net een en dit was Makiet. dit was ook die hoogtepunt in my verhoog loopbaan vir my in terme van ’n totale oorgawe fisies en geestelik. Die uitdagings dat die gebeure nie-kronologies is, die blindheid van Makiet, rystoel gebondenheid, en so meer. Ek sal weer in Kanna hy kô hys toe wil speel. Dit vervat die plattelandse elemente van ‘bruinwees’ asook die stedelike. Dit boei, dit praat, dit leef, dit steek sonder om te preek.”

Kô, laat ons sing! word op 3 Maart om 20:30 en op 6 Maart om 15:00 opgevoer in die Stadsaal. Die tydsduur is 70 minute en kaartjies kos R120 vooraf of R140 by die deur.

Vir meer inligting of om ’n onderhoud te reël, kontak vir Frieda le Roux by die Woordfees-kantoor by 082 742 4156 of friedaleroux@sun.ac.za

 

Meer oor die produksie

Musiekregie: Adriaan Brand

Samestelling: Juanita Swanepoel

Produksiebestuur: Grethe van der Merwe

Beligting: Stefan Benadé

Met: Wessel Pretorius, June van Merch, Frazer Barry, Sandy Gertse, HemelBesem, Koos Kombuis, Zenobia Kloppers, Die Solms Delta Musiekprojek, Delta 4, Soetstemme en Langbroeke


Kontakinligting
Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch
+27 (0) 21 886 5036
+27 (0) 87 238 2078
adminfees@sun.ac.za
Meld aan vir ons nuusbrief