Programbekendstelling 2018

Programbekendstelling vir 2018

Lank genoeg gewag vir hierdie feestafel!

’n Windstil somersaand in Stellenbosch, ’n ellelange tafel in Ryneveldstraat, vrolike musiek, heerlike kos en wyn. Die Woordfees se jaarlikse Langtafel, waartydens die feesprogram bekend gestel word, vind weer plaas op Donderdag 16 November om 18:00 vir 18:30.

Die geleenhteid is al ’n instelling onder oud en jonk, dorpenaars en besoekers, wat almal saam om die lang tafel klets en nuwe vriende maak. Kaartjies sluit ‘n glas wyn ene ‘n ete in en is te koop by Computicket.

Die seremoniemeester vir die aand is Hannes van Wyk terwyl Bombshelter Beast en Schalk Bezuidenhout vir die vermaak sal sorg. Die program, met tema 100%, beloof verrassings en hoogtepunte – met die Universiteit Stellenbosch se eeufeesviering in 2018 as wegspringpunt. Die fees bied volgende jaar meer as 500 produksies aan – en meer as 1 500 aanbiedinge – met genoeg musiek, drama, komedie, kuns, films, gesprekke, skrywers en heerlike eetgoed om selfs die mees kieskeurige persoon se dagboek te vul.

“Die groot steun wat ons van feesgangers, borge en ander vennote kry, bewys weereens die groot mate waartoe die Woordfees in sy gehore se behoeftes voldoen,” sê Saartjie Botha, direkteur van die US Woordfees en WOW. “Gegewe die ekonomie wat so swaar trek en met huishoudings en individue wat hul sente moet omdraai, is die steun en lojaliteit van die publiek regtig ’n wonderlike pluim in die Woordfees-hoed.”

KLIK HIER vir kaartjies by Computicket

 


Kontakinligting
Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch
+27 (0) 21 886 5036
+27 (0) 87 238 2078
adminfees@sun.ac.za
Meld aan vir ons nuusbrief