KUNS- EN KULTUURPROJEKTE EN GEHOORONTWIKKELING

WOW Debatsfees

Debateerders kan hul vaardighede slyp en aan ’n informele kompetisie deelneem. Weens toenemende belangstelling is daar drie afdelings: Nuwe Besems (spanne met min ervaring), Ou Hande (meer ervaring) en Hardekoejawels (die ervare spanne). Gekose WOW-skole dring deur na die ATKV Debatskompetisie.


WOW Dramawerkswinkel

u0149 Werkswinkel waar drama-onderwysers en leerders se talente en tegnieke geslyp word in die skryf van u0149 nuwe teks, die verwerking van tekste tot u0149 drama-produksie, die regie van u0149 produksie, sowel as spelleiding vir akteurs. Dit word aangebied deur bekroonde dramaturge, akteurs en regiseurs.


WOW Kultuurfeeste by skole

Werkswinkels word by verskillende skole aangebied ten einde die kultuur by die skool uit te bou. Hierdie werkswinkels word opgevolg deur deurlopende ondersteuning en afgesluit met optredes tydens skole se WOW-kultuurweek of kultuurfees.


Kinderfees

Tydens US Woordfees. WOW nooi leerders vanuit skole in histories benadeelde gebiede en hulle woon dan die Kinderfees gratis by.


Langarmdans

Ten bate van ons gemeenskap bied WOW elke jaar tydens die US Woordfees u0149 langarmdans aan.


Karnaval

u0149 Hoogtepunt op die WOW feesprogram, is die jaarlikse Karnaval wat tydens die US Woordfees aangebied word. Bekende kunstenaars tree op en die publiek kry die geleentheid om hulle te ontmoet. Gesonde en veilige gesinsvermaak met stalletjies en pretritte, asook ‘n biertent vir die grootmense is deel van die dag. Die Karnaval is inderdaad groot waarde vir jou geld!


Contact Info
Erfurthuis, Ryneveld Street 37, Stellenbosch
+27 (0) 21 886 5036
+27 (0) 87 238 2078
adminfees@sun.ac.za
Sign up for our newsletter