LEES- EN SKRYFPROJEKTE

Skrywersbesoeke vir Graad 12

Skrywersbesoeke aan Graad 12-leerders: skrywers, digters of letterkundiges vergesel WOW na skole in die Oos-, Noord- en Wes-Kaap, en gesels met leerders oor hul voorgeskrewe werke vir Afrikaans Huistaal of Afrikaans Eerste Addisionele taal.


WOW Skrywersfees

WOW Leeskringe neem deel aan skrywersgesprekke tydens die US Woordfees en kry geleentheid om skrywers van jeugboeke te ontmoet.


Billike Boeke-verkope

Leeskringe word aangemoedig om boekverkope by hul skole aan te pak. Dit word gewoonlik beplan vir derde kwartaal en in samewerking met vennote. Hierdie projek word slegs aangebied soos moontlik.


Boekebuddies

WOW Leeskringe neem deel aan die beoordeling vir die ATKV se Woordveertjies en tydens u0149 Boekebuddies-vertoning word grepe uit sommige boeke opgevoer.


WOW Leeskringe

Leerders by 20 verskillende hoër-, laer- en kleuterskole vorm WOW Leeskringe en hou gereelde byeenkomste waar die boeke bespreek word die ATKV-stembriefie in gedagte as deel van die ATKV Woordveertjies.


WOW Leesfeeste

Skrywers besoek laerskole en gesels met die hele skool. Leerders kry die geleentheid om vrae te stel en boeke word uitgedeel as pryse.


WOW Mediakursus vir skole

u0149 Joernalistieke werkswinkel word aangebied vir skole in samewerking met die US Woordfees se Ink-koerant. Leerders en opvoeders word ook blootgestel aan digitale media. Hierdie projek vorm deel van die werwingsuitreike en geskikte kandidate kan studiebeurse verwerf wat deur Die Son (koerant) beskikbaar gestel word.


Kreatiewe Skryfprojek

Tesame met geskikte vennote bied WOW sessies aan by skole om kreatiewe skryf vir leerders op te skerp.


Contact Info
Erfurthuis, Ryneveld Street 37, Stellenbosch
+27 (0) 21 886 5036
+27 (0) 87 238 2078
adminfees@sun.ac.za
Sign up for our newsletter