TAALONTWIKKELING

Sanlam WOW-werkwinkels vir Spelfeeste

Opleiding en demonstrasies oor hoe die werking van die Spelfees word aangebied.


Sanlam WOW-opleiding vir Spelfeeste

Opleiding aan beamptes van die Sanlam WOW Spelfees


Sanlam WOW Spelfees

Spellyste word op die webwerf gelaai en skole voltooi inskrywingsvorms vir deelname. Kompetisies word dan op grond van geografiese ligging aangebied. Hierdie kompetisies word ook op verskillende vlakke aangebied. Die eerste fase van deelname is op skoolvlak, daarna kom alle deelnemende skole in bepaalde onderwyskringe byeen. Wenners in kringkompetisies neem deel aan distrikskompetisies, en hierdie wenners dring deur na die provinsiale spelfeeste. Wenners van die onderskeie provinsies neem deel aan die Nasionale Sanlam WOW Spelfees.


Grondslagfase Geletterdheid

Met die oog op deelname aan die Sanlam WOW Spelfees word u0149 werkswinkel in geletterdheid in die grondslagfase vir WOW-onderwysers aangebied. Kenners deel waardevolle wenke oor hoe om geletterdheid vir die jongspan lekker te maak. Kwessies soos remediërende sowel as verrykende aktiwiteite word bespreek. Wenke oor hoe om leerders met ADHD te hanteer word bespreek, sowel as tegnieke oor hoe om stories lewendig te maak, word met onderwysers gedeel.


Contact Info
Erfurthuis, Ryneveld Street 37, Stellenbosch
+27 (0) 21 886 5036
+27 (0) 87 238 2078
adminfees@sun.ac.za
Sign up for our newsletter