Vrae

Algemene vrae

Feesgidse is tans beskikbaar by die Woordfees-kantoor (Ryneveldstraat 37, Stellenbosch) op weeksdae tussen 09:00 en 16:00. 

Feesgidse is ook by die volgende plekke beskikbaar:

Stellenbosch:
Bargain Books, Eikestad Mall
Cloetesville Biblioteek
CoCreate Hub, Victoriastraat 7
De Volkskombuis
Die Boord Spar
Eikestad Mall Checkers
Idasvallei Biblioteek
Leclemence, Webersvalleistraat
Moederkerk
Monarch Coffee
Neelsie Cinema
Spar Welgevonden
Stellenbosch Square, Jamestown
Stellenbosch Wynroetes, Kerkstraat 47
Taste Restaurant, Ryneveldstraat 44
US Botaniese Tuin
Utopia ACVV Tehuis
Visit Stellenbosch
 
Somerset-wes:
Exclusive Books, Somerset Mall
Somerset-wes Biblioteek
The Rose Room, Heldervue Winkel Sentrum, Abelia St, Somerset West
 
Strand:
Strand Biblioteek
 
Noordelike voorstede:
Tygervallei (Bellville/Durbanville)
 
Tuinroete:
Wordsworth Books Garden Route Mall (George)
Garden Route Mall (George)
 
Exclusive Books-takke:
Cavendish Square (Claremont)
Constantia
Loch Logan (Bloemfontein)

Kaartjies is aanlyn beskikbaar by Quicket (www.quicket.co.za) asook by die Quicket-verkooppunt in die Woordfees-kantoor (Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch).

Kaartjiekantoor se werksure:
Maandag tot Vrydag 09:00 tot 16:00, en Saterdae 09:00 tot 13:00. Tydens die fees sal die kantoor daagliks van 08:00 tot 18:00 oop wees.

Kosstalletjies en kontantkroeë is by die meerderheid van die venues beskikbaar. Piekniekmandjies en eie drank word nie by buitelugkonserte toegelaat nie.

Navrae oor kos- en drankstalletjies kan direk aan woordfeesvendors@gmail.com gestuur word. 

Geen laatkommers word toegelaat by opvoerings nie. Begroot minstens 30 minute vir aankope van verversings en drankies voor vertonings.

Nee. Die Toyota US Woordfees is ’n kontantlose fees. Betaal met enige debiet- of kredietkaart of gebruik SnapScan.

Met die uitsondering van ’n paar ruimtes, is al die Woordfees se venues rolstoelvriendelik (uitsluitend die CoCreate Hub, Drostyd-teater, Dylan Lewis-beeldetuin en die Neelsie Cinema). Dis wel noodsaaklik om vooraf reëlings te tref vir ondersteuning met toegang, en veral parkering.

Covid-regulasies wat volgens die dan geldende nasionale protokol moet toegepas word, sal gevolg word.

Aansoeke om by die fees te werk sal einde Augustus oopmaak. Instruksies oor hoe om aansoek te doen sal op ons webtuise beskikbaar wees.

Adverteer by die fees

Vir borgverwante sake en om by die Woordfees te adverteer, kontak asseblief vir Marlise Serfontein: marlises@sun.ac.za