Beleef die room van die Fiësta-oes

Die kykNET Fiësta-benoemings is vandeesweek bekend gemaak. Debuutproduksies op die land se ses grootste vervaardigende Afrikaanse kunstefeeste kom in aanmerking vir dié gesogte pryse. Die volgende benoemde kunstenaars en produksies is almal by die Toyota US Woordfees 2020 te sien.

Tien duisend ton het vyf benoemings ontvang vir Beste aanbieding, regie (Nico Scheepers), akteur (Albert Pretorius), aktrise (Cintaine Schutte), vertaling of verwerking van ’n bestaande werk

Jakkals en Wolf Onbeperk het ses gekry: Beste vroulike byspeler (Devonecia Swartz), nuutgeskepte Afrikaanse teks [Malan Steyn (dramaturg) en Amelda Brand (regisseur)], opkomende kunstenaar (Cantona James en Wian Taljaard), asook Beste musiekgedrewe produksie: Teater, Beste duo of ensemble

Al die kunstenaars wat benoem is vir Beste spel in ’n solo-vertoning kom Woordfees toe: Chris Vorster (Die hart verklap), Cintaine Schutte (Die dinge van ’n kind), Craig Morris (Johnny Boskak voel ’n bietjie …) en Sandra Prinsloo (Kamphoer: Die verhaal van Susan Nell).

Die dinge van ’n kind (Francois Toerien) en Kamphoer (Cecilia du Toit, Lara Foot en Sandra Prinsloo) is ook benoem vir Beste vertaling of verwerking van ’n bestaande werk. 

In die kategorie vir Beste nuutgeskepte Afrikaanse teks is Herschelle Benjamin (In Slavenhuis 39) en Retief Scholtz (Die voordele van eierwit) benoem.

Die intermissie en The Island is benoem vir Beste duo of ensemble. Jane Mamotse Mpholo het vir haar spel in laasgenoemde ook ’n nominasie vir Beste opkomende kunstenaar ontvang.

Onder die musiekbenoemings wat fees toe kom, is daar te kies en te keur van klassiek tot kontemporêr. 

Emma van Heyn is vir haar Met Slenterslag na Sjanghai as Beste opkomende kustenaar genomineer. Loki Rothman (Beste musiekgedrewe produksie: Buitelug) en Charl du Plessis (Beste prestasie in klassieke musiek) is albei op pad na Stellenbosch. Die Charl du Plessis Trio sal volgende jaar ’n nuwe program, Imagine, aanbied én vir Nataniël (nog ’n benoemde) begelei in sy nuwe, Hoekom hulle swingJanine Neethling, wie se Toe ek 20 was benoem is vir Beste musiekgedrewe produksie: Buitelug, bring in 2020 haar jongste, ’n Lieflike lawaai, fees toe.

Die Camerata Tinta Barocca o.l.v. Erik Dippenaar maak met Glorious Baroque aanspraak op ’n Fiësta vir Beste prestasie in klassieke musiek. By volgende jaar se fees bied dié Camerata saam met die soliste Lynelle Kenned en Brittany Smith die Baroque Opera Gala Concert aan.

Al die kunstenaars wat vir Beste musiekgedrewe produksie: Podium benoem is, kom fees toe. Die produksies ALTEmit A Capella (Olga Leonard, Babette Viljoen, Hilandi du Toit en Grethe van der Merwe) en Eet Kreef!(met o.a. Laudo Liebenberg en Schalk van der Merwe) is op die program en so ook Amanda Strydom, Devonecia Swartz en Wilken Calitz.

En dan is daar nog die vars en opwindende Woorde op akkoorde, met o.a. Deniel en Frazer Barry, Jolyn Phillips en Churchil Naudé, wat ’n nominasie vir Beste musiekgedrewe produksie: Teater ontvang het. 

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on linkedin
LinkedIn
Share on google
Google+
Lees ander berigte
Nuus
Woordfees

Armand Aucamp se topvyf

Eerlike, opregte, kaal kos. Dít is wat Meneer Aucamp predik sedert die verskyning van Armand kook kaal in 2018. Ná vier uitverkoopte Kook kaal-aande saam met Ed

Lees meer »