Galery: Dans

KARATARA

Met: Shaun Oelf, Grant van Ster, Dean John Smith

Baie inwoners verloor alles, party hulle lewe. Karatara is op die Knysna-ramp van 2018 geskoei toe ’n brand in die middel van die nag dele van die dorp in puin gelê het. Dié dans-drama vertel die verhaal van ’n gemeenskap se verlies aan familie, grond en ’n heenkome. Dit ondersoek die komplekse dinamika en geskiedenis van die plaaslike inwoners, en wys hoe die media en politici ’n tragedie as ’n geleentheid gebruik en uitgebuit het. Dit is bekroon met die Fleur du Cap vir beste beligting- en klankontwerp en het die kykNET Fiësta ontvang vir die beste teaterontwerp.

ULTRA

Met: Darkroom Contemporary Dance Theatre-geselskap

Ultra verken die liggaamlikheid van uiterstes. Die werk weerspieël ons huidige klimaat waarin ekstremisme voortdurend met reaksionêre opvattings bots en vra tot watter mate die gematigde en die revolusionêre saam kan bestaan. Hierdie nuwe werk is in opdrag van die 2023 Kucheza Afrika-fees vervaardig en het in April 2023 in die Suid-Afrikaanse Staatsteater gedebuteer.

50 YEARS OF JAZZART

Jazzart-dansteater, die oudste kontemporêre dansopleiding en -uitvoerende geselskap in Suid-Afrika, is vanjaar 50. Om hierdie groot mylpaal te gedenk bring Jazzart produksies na die verhoog wat die geselskap se kleurryke geskiedenis vier en temas soos die verlede, aanvaarding en herskepping ondersoek.

Facebook
Twitter
LinkedIn