Die Burger/Netwerk24-gespreksreeks is nou gratis

Dié gesprekke, onder leiding van Tim du Plessis en Christi van der Westhuizen, sou aanvanklik R40 gekos het, maar ná verskeie versoeke bied die fees nou dié gewilde-gespreksreeks weer gratis aan. Die gesprekkevind vanjaar in die Kruiskerk plaas met gemaklike sitplek en geen bekommernisse oor wind en weer nie. Alle gesprekke begin om 11:00 soggens en die sprekers is ook nou almal bevestig.

9 Maart:  Suid-Afrika in ’n tyd van politieke storm en drang
Is die land onstuitbaar op pad na die afgrond of is ’n omdraaipunt bereik en herstel moontlik?
Met: Gareth van Onselen, Max du Preez en Alida Kok

10 Maart: Politiek en ekonomiese groei
Moet ons nie maar reguit vir mekaar sê ’n liberale demokrasie is nie noodwendig die beste politieke bedeling vir ekonomiese groei nie?
Met: Tony Leon, Piet Croucamp en Ebrahim Fakir

11 Maart: Wêreldpolitiek 
Hoe lyk die wêreld drie maande ná Brexit ? Is Donald Trump op pad na ’n tweede termyn as president? Waar staan Suid-Afrika ?
Met: Anthoni van Nieuwkerk, Aditi Lalbahadur en Erwin Schwella

12 Maart: Voices from the Underground     
Voormalige lede van Umkhonto we Sizwe, die samestellers van die boek Voices from the Underground, Shirley Gunn en Shanil Haricharan, en ’n nuwe generasie aktiviste praat oor die betekenis van politieke aktivisme, gister en vandag.

13 Maart: Universiteit in ’n tyd van krisis
Is ons beleërde openbare universiteite hoegenaamd nog toegerus om intellektuele leiding te gee vir ’n land in krisis?
Met: Andries Bezuidenhout, Carla Watson en William Gumede

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on linkedin
LinkedIn
Share on google
Google+
Lees ander berigte
Nuus
Woordfees

Foto’s: All who pass

1974: Uitsetting. Die inwoners van Distrik Ses word deur die apartheid-regime uit die hart van Kaapstad verskuif. ’n Gesin bring hul laaste nag in hul

Lees meer »
Nuus
Woordfees

Aankondiging oor Woordtrofees

Gegewe die ontwrigting in die uitvoerendekunste-omgewing as gevolg van COVID-19 (die Korona-virus), word die Woordtrofees-toekenningsgeleentheid van Sondagaand, 15 Maart, uitgestel tot verdere kennisgewing. Die benoemings

Lees meer »