terug na program
Stephanie Baartman, Wessel Pretorius, Dizu Plaatjies, Akustika Chamber Choir, Janine Neethling
R100 - R180 | R200 by die deur
Koop nou op Computicket hier
04 March 19, 20:30, Adam Small Ouditorium
06 March 19, 15:00, Adam Small Ouditorium
07 March 19, 16:00, Adam Small Ouditorium
90 min

Afrikaan

Musiekteater

Skrywer en regisseur: Deon Opperman
Musiek: Janine Neethling
Vervaardiger: Jam Events

In 2012 het Janine Neethling en haar man, Deon Opperman, saamgespan om die eerste volwaardige Afrikaanse oratorium, Die Skepping, op die planke te bring. Deon het die libretto geskryf en Janine het die musiek, vir beide orkes en stem, gekomponeer.

Nou het Janine en Deon weer talente saamgespan om spesifiek vir Woordfees 2019 `n nuwe werk te skep – Afrikaan. Die stuk het sy wording gehad in ’n enkele vraag: “Wat beteken dit om te sê: ‘Ek is ’n Afrikaan?’ ”

Met haar toonsetting van Deon se libretto vir Afrikaan word Janine Neethling se veelsydigheid as komponis ten toon gestel – soms a capella, soms met orkestrale onderskraging en begeleiding, maar altyd, soos net Janine kan, ontroerend, opheffend en musikaal skouspelagtig. Die aanslag is kontemporêr en toeganklik, maar die fondament is klassiek.

Taal: Afrikaans

Kaart


Kontakinligting
Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch
+27 (0) 21 886 5036
+27 (0) 87 238 2078
adminfees@sun.ac.za
Meld aan vir ons nuusbrief