terug na program
Elna van der Merwe, Zorada Temmingh
R100 - R140 | R160 by die deur
Koop nou op Computicket hier
09 March 19, 11:00, kykNET Endler
60 min

Blondes’ Chopin Liszt

Twee Stellenbosse pianiste speel bekende musiek van twee 19de-eeuse Paryse pianiste op twee vleuelklaviere. Die Blondes maak oudergewoonte vindingryke keurspele van uittreksels uit spesifieke komponiste se bekendste werke. Hulle is bekend daarvoor dat hulle klassieke musiek op ’n ligte manier, en ligte musiek op ’n klassieke manier na gehore bring. Die program sluit in melodieë uit Chopin – die “digter van die klavier” – se walse, nokturnes, preludes, etudes en klavierconcerti, sowel as die gewilde Fantaisie-impromptu, as ’n keur-spel van uiterstes: delikate grasie tot heroïese grootsheid. Liszt, die “Paganini van die klavier”, se drama, virtuositeit en speelsheid word vervat in ’n keurspel uit sy klavierconcerti, sy geliefde Liebes-traum en La Campanella, die Consolations en nog meer. Immergroen treffers uit The Sound of Music, soos “Edelweiss”, “Climb Ev’ry Mountain”, “My Favourite Things”, Sixteen Going on Seventeen” en “Do-re-mi”, sorg vir ’n lekker saamsing-goedvoel-afsluiting vir die program.

 

 

Kaart


Kontakinligting
Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch
+27 (0) 21 886 5036
+27 (0) 87 238 2078
adminfees@sun.ac.za
Meld aan vir ons nuusbrief