terug na program
Jan-Hendrik Harley , Joshua Frank , Mariechen Meyer , John Pringle
R110 | R130 by die deur
Koop nou op Computicket hier
02 March 19, 17:30 , kykNET Fismer
05 March 19, 17:30, kykNET Fismer
60 min

Bowie Baroque

In samewerking met: Iluminar Productions
Regisseur: Jan-Hendrik Harley & Luna Paige
Ontwerp: Iluminar Productions
Musiek: David Bowie, met bewerkings deur Jan-Hendrik Harley
Verhoogbestuurder: Luna Paige

Met David Bowie wat bekend is as die verkleurmannetjie van rock, was dit ’n plesier vir dié klassieke ensemble om hulde te bring aan hierdie ikoniese musikant en vermaaklikheidskunstenaar deur sy musiek geheel en al te herskep. Jan-Hendrik Harley het aan homself die uitdaging gestel om die gewilde werke van Bowie na ’n Baroktydperk te verplaas. Hy het sy inspirasie uit die musiek van Argentinië, Frankryk en Duitsland geput. Hierdie unieke Barok-verplasings gee erkenning aan Bowie se vermoë om sy eie beeld en musiek herhaaldelik te herskep en te verander. Die program word uitgevoer op instrumente eie aan die Barokperiode en sal hier en daar afgewissel word met anonieme Barokwerke wat aansluit by die temas van eksistensiële angs en vervreemding in Bowie se musiek.

 

Kaart


Kontakinligting
Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch
+27 (0) 21 886 5036
+27 (0) 87 238 2078
adminfees@sun.ac.za
Meld aan vir ons nuusbrief