terug na program
Gabriele von Durckheim, Luis Magalhães
R100 - R140 | R160 by die deur
Koop nou op Computicket hier
05 March 19, 15:00 , kykNET Endler
100 min

Dark side of the flute

In hierdie uitvoering verskyn die eerste fluitis van die Kaapstadse Filharmonie, Gabriele von Durckheim, en pryswenner-pianis Luis Magalhães saam in konsert om hul instrumente ten toon te stel. Weens ’n ander stemming en kleiner omvang het die ouer fluit-repertorium, veral dié van die tydperk voor 1850, geneig om die helderder timbre voor-keur te gee. Verbeteringe aan die konstruksie van die fluit het ’n meer veelsydige instrument tot gevolg gehad en hierdie programsamestelling is meer toegespits op die donkerder tinte waartoe die moderne fluit in staat is. In dié program het die klavier ’n prominente en solistiese rol, pleks van ’n bloot begeleidende funksie. Die program sluit werke van Bach, Schubert, Prokofief, Jolivet en Fauré in.

 

Kaart


Kontakinligting
Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch
+27 (0) 21 886 5036
+27 (0) 87 238 2078
adminfees@sun.ac.za
Meld aan vir ons nuusbrief