terug na program
Camerata Tinta Barocca, Philipp Mathmann , Anna Fusek , Gerd Amelung
R100 - R140 | R160 by die deur
Koop nou op Computicket hier
04 March 19, 20:00, kykNET Endler
80 min

Glorious Baroque

Musikale leiding: Erik Dippenaar Met: Camerata Tinta Barocca (in orkesformaat) met internasionale soliste Philipp Mathmann (manlike sopraan), Anna Fusek (blokfluit, barokviool) enPetra Marianowski (klavesimbel)

Camerata Tinta Barocca (CTB), Suid-Afrika se voorste barokorkes – met drie internasionale soliste: Philipp Mathmann (manlike sopraan), Anna Fusek (blokfluit, barokviool) en Petra Marianowski (klavesimbel) – bied ‘n opwindende program met virtuose werke uit die 18de eeu aan.


Mathmann het onlangs gesing in die wêreld premiere opname van F. X. Richter se oratorium La deposizione della croce di Gesu Cristo met die Tjeggiese Barokensemble. Fusek werk gereeld saam met hoë profiel ensembles soos dieVenesië Barokorkes, die Berlynse Filharmoniese Orkes, Akademie für Alte Musik Berlin, die orkes Il Pomo d'Oro en Collegium 1704. Marianowski het die eerste prys by die Gianni Gambi internasionale kompetisie vir vroeë musiek gewen. Sy tree gereeld in Europa, Japan en Australië op en doseer tans aan die Musikhochschule Stuttgart.

Die program sluit ‘n concerto vir blokfluit, Bach se vyfde Brandenburg concerto, asook arias uit die Italiaanse castrato-tradisie in. CTB speel op replikas van 18de eeuse instrumente en word vanaf die klavesimbel gelei deur die artistieke leier, Erik Dippenaar.

Kaart


Kontakinligting
Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch
+27 (0) 21 886 5036
+27 (0) 87 238 2078
adminfees@sun.ac.za
Meld aan vir ons nuusbrief