terug na program
Magdalene Minnaar, Virginia Davids, Arline Jaftha, Aubrey Lodewyk
R120 - R170 | R200 by die deur
Koop nou op Computicket hier
03 March 19, 15:00 , kykNET Endler
90 min

Hulde aan Nellie du Toit

Samesteller en aanbieder: José Dias
 
Met ’n sangloopbaan van bykans drie dekades op al Suid-Afrika se belangrikste verhoë, sal Nellie du Toit altyd as een van ons voorste soprane onthou word, ’n ware prima donna assoluta. Vandag gereken as een van die land se legendariese pedagoë, was sy onder meer die hoof van Sang aan die Musiekdepartement van die Universiteit Stellenbosch en het ook aan die South African College of Music in Kaapstad klasgegee. In 1986 is du Toit se uitmuntende bydraes tot die kunste vereer met ’n erepenning van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, en in 1998 ontvang sy ’n eredoktorsgraad van die US. Met hierdie produksie bring die Woordfees, deur musiek en gesprekke met kunstenaars, oud-studente en vriende ná aan du Toit, hulde aan een van Suid-Afrika se grootste kunstenaarsgeeste en die invloedryke mentor van verskeie generasies van nuwe musikale sterre.

Kaart


Kontakinligting
Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch
+27 (0) 21 886 5036
+27 (0) 87 238 2078
adminfees@sun.ac.za
Meld aan vir ons nuusbrief