terug na program
Nina Fourie-Gouws, Tanya Diamond , Bregtje Cals , Marnhe du Plooy
R110 | R130 by die deur
Koop nou op Computicket hier
06 March 19, 20:30 , kykNET Fismer
09 March 19, 13:00, kykNET Fismer
60 min

La Femme!

Begeleiding deur: Bregtje Cals en Marnhe du Plooy, met ’n verskeidenheid volksmusiekinstrumente, kastanjette en handklap.

Die internasionaal bekende danseres en choreograaf Tanya Diamond, en die konsertkitaarspeler en dosent aan die Konservatorium, Nina Fourie-Gouws, smee kragte saam in hul aanbieding, La Femme! Hierdie visuele en musikale produksie kombineer passie, vurigheid en intensiteit van die eietydse solo-flamenco-dans met die ryk, komplekse en sensuele klanke van die klassieke kitaar. Diamond het haar professionele dansloopbaan op 15-jarige ouderdom begin nadat sy deur die danser en choreograaf Antonio del Castillo raakgesien is. Daarna het sy dans-opleiding in Spanje ondergaan, en self les gegee in New York en Los Angeles. Fourie-Gouws het steeds ’n aktiewe konsertprogram deur Suidelike Afrika en het onlangs ’n optrede in die Volterra-kitaarprojek in Italië gehad. Diamond en Fourie-Gouws is albei geesdriftig oor die ryk Spaanse musiek- en danstradisie en is voortdurend op soek na nuwe klankmoontlikhede binne die eietydse klassieke repertorium. Tradisionele Spaanse begeleiding, insluitende kastanjette, cajon (’n soort vierkantige handtrommel) en palmas (handklap of kitaartrommel), sal voorsien word deur lede van die SoloFLAMENCO-ateljee.

 

Kaart


Kontakinligting
Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch
+27 (0) 21 886 5036
+27 (0) 87 238 2078
adminfees@sun.ac.za
Meld aan vir ons nuusbrief