terug na program
Mike (Zi Ning) Wang
R110 | R130 by die deur
Koop nou op Computicket hier
03 March 19, 11:00, kykNET Fismer
60 min

Mike Wang Piano Recital

Die 2019 Woordfees bied met trots die 12-jarige klavier-wonderkind Mike (Zi Ning) Wang aan. Wang was in 2018 die geheelwenner van die Hennie Joubert-klavierkompetisie en het ook weggestap met drie spesiale pryse: die beste vertolking van ’n prelude en fuga van J.S. Bach, die beste voordrag van ’n virtuose étude, sowel as die beste voordrag van ’n Suid-Afrikaanse komposisie. Wang is ’n graad 6-leerling by die Hendrik Louw Primêre Skool in die Strand en ’n leerling van Mario Nell. Hy het in 2017 sy debuut as solis saam met die Hugo Lambrechts Simfonieorkes gemaak en was in dieselfde jaar die geheelwenner van die SAMRO-Hubert van der Spuy-kompetisie. Wang se Woordfees-konsertprogram sal uit solowerke van Beethoven, Chopin en Liszt bestaan.

 

 

 

Kaart


Kontakinligting
Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch
+27 (0) 21 886 5036
+27 (0) 87 238 2078
adminfees@sun.ac.za
Meld aan vir ons nuusbrief