terug na program
Diederick Basson, Christiaan Carstens, Winand Grundling, Christopher Petrie, Zorada Temmingh
R60 | R70 by die deur
Koop nou op Computicket hier
04 March 19, 13:15, Moederkerk
05 March 19, 13:15, Moederkerk
06 March 19, 13:15, Moederkerk
07 March 19, 13:15, Moederkerk
08 March 19, 13:15, Moederkerk
30 min

Moederkerk-orrelweek

Vervaardiger: Zorada Temmingh

Met: Diederick Basson, Christiaan Carstens, Winand Grundling, Christopher Petrie, Zorada Temmingh

Die Orrelweek is ’n reeks van vyf 30 minuut lange middaguurkonserte in die Moederkerk. Die orrel as solo-instrument is die fokuspunt – van standaard-orrelrepertorium tot improvisasies. Elke jaar is daar ’n spesifieke tema waaromheen werke gekies word. 2019 se tema is die Suite – ’n groep korter werke wat saam een musikale geheel vorm. Stellenbosch het ongewoon baie uitvoerende orreliste wat hier hul kunstenaarskap kan toon. Die gereelde anker-orreliste is Zorada Temmingh en Winand Grundling, die ander plaaslike orrelis is Diederick Basson, die student is Christopher Petrie en die besoekende orrelis is oud-Matie Christiaan Carstens van Humansdorp.

4 Maart: Christiaan Carstens

5 Maart: Winand Grundling

6 Maart: Christopher Petrie

7 Maart: Diederick Basson

8 Maart: Zorada Temmingh

 

Kaart


Kontakinligting
Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch
+27 (0) 21 886 5036
+27 (0) 87 238 2078
adminfees@sun.ac.za
Meld aan vir ons nuusbrief