terug na program
Jolene McCleland , Elna van der Merwe
R100 - R140 | R160 by die deur
Koop nou op Computicket hier
02 March 19, 15:00 , kykNET Endler
55 min

Mood Swings

Die bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars Jolene McCleland (mezzo-sopraan) en Elna van der Merwe (klavier) lewer ’n uitvoering van die kaleidoskoop van rolle en stemminge wat tipies is vir die mezzo-sopraan op die verhoog. Van die mezzo word soms verwag om manlike rolle te vertolk (“hosenrollen”), soos van verliefde mans, vroue wie se minnaars kort tevore vermoor is, jong meisies wat onlangs liefde gevind het, vroue wat betower word en daardeur oorreed word tot die liefde, en selfs vroue wat in liefde verlaat is. Sulke uiteenlopende emosionele toestande wat binne slegs een uur voorgestel word, mag dalk ’n bepaalde onstabiliteit by die voordraer veroorsaak, selfs ’n identiteitskrisis. Bowendien, watter gehoor sal so ’n massa emosie op die verhoog kan hanteer, en hoe kan die voordraer so ’n versameling stemmings oorleef? Is daar hoop vir haar? Hierdie konsert is tersefdertyd die bekendstelling van die sangeres se mees onlangse CD, Mood Swings – die rolle van ’n mezzo.

 

 

 

Kaart


Kontakinligting
Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch
+27 (0) 21 886 5036
+27 (0) 87 238 2078
adminfees@sun.ac.za
Meld aan vir ons nuusbrief