terug na program
R110 | R130 by die deur
Koop nou op Computicket hier
08 March 19, 18:00, kykNET Fismer
60 min

‘n Nuwe Lied

Regisseur:Minette du Toit-Pearce
Vervaardigers
: Minette du Toit-Pearce en Antoni Schonken
Skrywers: Studente van die US Departement van Afrika-tale
Musiek
: Antoni Schonken, Arthur Feder, komposisie-studente aan die US Musiekdepartement

Die US-departemente van Musiek en Afrika-tale werk saam om nuwe gedigte te toonset in ’n vars omskepping van die Suid-Afrikaanse kunslied. In die proses kry luisteraars die geleentheid om te deel in jongmense se stories en stemme soos wat hulle skryf en sing oor Suid-Afrika. Hierdie nuwe werke weerspieël die ryk erfenis van die liedkuns in Afrikaans, maar doen weg met grense tussen tale en dissiplines ten einde ‘n nuwe stem te vind. Tekste is nuutgeskep deur studente van die US Departement van Afrika-tale onder leiding van Thulani Simayile, getoonset deur studente van die US Musiekdepartement se komposisie-afdeling onder leiding van Antoni Schonken en Arthur Feder, en word vertolk deur sangers van die US Musiekdepartement se sangafdeling onder leiding van Minette du Toit-Pearce, Lauren Dasappa en Jolene Auret Kappis.

 

Kaart


Kontakinligting
Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch
+27 (0) 21 886 5036
+27 (0) 87 238 2078
adminfees@sun.ac.za
Meld aan vir ons nuusbrief