terug na program
Olga Kern
R100 - R140 | R160 by die deur
Koop nou op Computicket hier
05 March 19, 20:00, kykNET Endler
120 min pouse ingesluit

Olga Kern: Prestige-klavieruitvoering

In samewerking met: Endler-konsertreeks

Die Russies-Amerikaanse pianis Olga Kern word tans erken as een van haar generasie se uitnemendste pianiste. Sy het in die kalklig gekom as die eerste vrouepianis in meer as 30 jaar om die goue medalje by die Van Cliburn Internasionale Klavierkompetisie te verower. Haar verowering van die eerste prys in die Internasionale Rachmaninoff-kompetisie op 17-jarige ouderdom was die begin van ’n glorieryke kompetisieloopbaan. In 2016 het sy gedien as beoordelaarsvoorsitter van sowel die sewende Van Cliburn Internasionale Amateur-klavierkompetisie en die eerste Olga Kern-klavierkompetisie, waarvan sy ook die artistieke direkteur is. In hierdie prestigeryke solo-uitvoering speel sy werke soos Schumann se Karnaval, Gershwin se Drie Preludes en ’n transkripsie van Gershwin se Fascinating Rhythm, sowel as musiek van Rachmaninoff, Skriabin en Balakiref.

 

Kaart


Kontakinligting
Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch
+27 (0) 21 886 5036
+27 (0) 87 238 2078
adminfees@sun.ac.za
Meld aan vir ons nuusbrief