terug na program
Suzanne Martens , Peter Martens , Pieter Grobler
R110 | R130 by die deur
Koop nou op Computicket hier
04 March 19, 18:00, kykNET Fismer
60 min

Piano and Strings from the USA

Hoewel die Universiteit Stellenbosch in 2019 tegnies 101 jaar oud is, word plaaslike feesvierings steeds toegespits op 100 jaar van uitnemendheid en ver-nuwing. Dit is toevallig ook so dat die bekende Amerikaanse komponis/dirigent Leonard Bernstein – nou geassosieer met die musiekblyspel West Side Story – ook in 1918 gebore is. Plaaslike violis Suzanne Martens, tjellis Peter Martens en pianis Pieter Grobler se verbeelding is aangegryp deur Bernstein se klaviertrio – ’n vroeë werk, ’n vooruitskouing van die komponis se latere karakteristieke Amerikaanse styl. Ander werke op dié Amerikaanse program is John Cage se Ses melodieë vir viool en klavier, en Samuel Barber se diepsinnige sonate vir tjello en klavier. Ondanks die feit dat hierdie musiek selde, indien ooit, in Suid-Afrika uitgevoer word, behoort dié werke tot van die mees toeganklike Amerikaanse musiek van ons tyd, en is steeds verteenwoordigend van 19de-eeuse tradisies, insluitende musiek uit die wêreld van rolprente.

 

Kaart


Kontakinligting
Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch
+27 (0) 21 886 5036
+27 (0) 87 238 2078
adminfees@sun.ac.za
Meld aan vir ons nuusbrief