terug na program
Prof. Pumla Gobodo-Madikizela
Gratis
05 March 19, 17:00, Drostdy Teater
50 min

Suna Venter-gedenklesing

Die joernalis Suna Venter, wat in 2017 op 32-jarige ouderdom aan Gebroke Hart-sindroom (streskardiomiopatie) dood is, was een van Suid-Afrika se nuwe generasie vryheidsvegters. As lid van die sogenoemde SABC 8 het sy opgestaan teen pogings om vryheid van spraak by die SABC te muilband. Saam met haar sewe kollegas ontvang sy die Nat Nakasa-prys vir media-vryheid, maar betaal met haar lewe weens volgehoue intimidasie en teistering.

Prof. Pumla Gobodo-Madikizela, bekleër van die navorsingsleerstoel in Studies oor Historiese Trauma en Transformasie aan die Universiteit Stellenbosch, en ontvanger van die Alan Paton-prys vir haar boek A Human Being Died that Night , lewer in 2019 die Suna Venter-gedenklesing.

 

Kaart


Kontakinligting
Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch
+27 (0) 21 886 5036
+27 (0) 87 238 2078
adminfees@sun.ac.za
Meld aan vir ons nuusbrief