terug na program
Daniel Boico , David Salleras , Christopher Duigan , Emilio Lorenzo, Universiteit Stellenbosch Simfonieorkes
R100 - R140 | R160 by die deur
Koop nou op Computicket hier
02 March 19, 20:00, kykNET Endler
120 min pouse ingesluit

Universiteit Stellenbosch Simfonieorkes

In samewerking met: Endler-konsertreeks

Die Universiteit Stellenbosch se Simfonieorkes, onder leiding van die Israeli-Amerikaanse dirigent Daniel Boico, open die 2019 Woordfees met ’n unieke versameling klanke en kulture. Die Spaanse saksofonis David Salleras, Suid-Afrikaanse pianis Christopher Duigan en slagwerkspeler Emilio Lorenzo (Matiestudent en wenner van die 2018 Fine Music Radio-beurs) smee kragte saam in ’n uitvoering van die Japannese komponis Takashi Yoshimatsu se kleurvolle en ritmies betowerende Cyber Bird Concerto vir saksofoon, klavier en orkes. Ook op die program is Brahms se innemende Tragiese ouverture en die Slawiese warmte van die Sesde Simfonie van Antonin Dvořak.

Kaart


Kontakinligting
Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch
+27 (0) 21 886 5036
+27 (0) 87 238 2078
adminfees@sun.ac.za
Meld aan vir ons nuusbrief