Dubbel die fees
Die Woordfees het in 2000 as ’n deurnagpartytjie vir die Afrikaanse woordkuns begin, maar het in die afgelope twee dekades gegroei tot een van Suid-Afrika se grootste kunstefeeste.
Die Toyota US Woordfees verander jaarlikse die universiteitsdorp van Stellenbosch in die Wes-Kaapse wynlande in ’n warrelwind van energie en kreatiwiteit. Kunstenaars, gehore en gemeenskappe vind mekaar in ’n vreugdevolle viering van skrywers, boeke, teater, musiek, kuns, dans, diskoers en films.
Gedurende die pandemie is die fees in 2021 die eerste keer op ‘n DStv-opwipkanaal aangebied wat landwyd en in Namibië gekyk kon worf. Dié pioniersprojek was ‘n dawerende sukses en vanjaar fees ons twee keer: op DStv-kanaal 150 en in Namibië op GOtv-kanaal 27 vanaf 15 tot 28 Julie en in die vlees in Stellenbosch van 10 tot 16 Oktober.
Verken program
Toneel
Diskoers
Visuele Kunste
Landbou
Toneel
Diskoers
Visuele Kunste
Landbou
Klassieke musiek
Stand-up
Diskoers
Films
Jongste nuus
Bly op hoogte
of kyk video’s en luister podsendings: