Die vertoning van Inxeba (The Wound)

Die vertoning van Inxeba (The Wound) by die US Woordfees Filmfees

Inxeba (The Wound) is steeds op die Woordfees-filmprogram vir die 4de en 11de Maart. As gevolg van die onlangse X18-klassifikasie wat dié rolprent intussen opgelê is, mag ons tans nie hierdie bekroonde rolprent vertoon nie. Die filmvervaardigers beveg hierdie klassifikasie en indien hulle betyds in die hof slaag, sal ons wel voortgaan met een of albei van die vertonings.

Die Woordfees ondersteun die vervaardigers se versoek aan die hof ten volle en daarmee ook hierdie appèl wat PEN Afrikaans aan die Film Publications Board gerig het:
http://www.litnet.co.za/pen-afrikaans-strongly-objects-x-rating-given-inxeba-wound/

Indien die X18-klassifikasie nie betyds opgehef word nie, sal ons egter wel een of albei vertonings van Inxeba (The Wound) moet kanselleer. In daardie geval sal almal wat reeds kaartjies gekoop het, hul geld terugkry. In hierdie stadium is dit onwaarskynlik dat die vertoning op die 4de Maart sal kan voortgaan.

Hou die Woordfees se webwerf, Facebook- en Twitter-rekening dop vir enige nuus oor die hofbeslissing.


Kontakinligting
Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch
+27 (0) 21 886 5036
+27 (0) 87 238 2078
adminfees@sun.ac.za
Meld aan vir ons nuusbrief