DUBBELDOOR-KOORBEDERF VIR MUSIEKLIEFHEBBERS

DUBBELDOOR-KOORBEDERF VIR MUSIEKLIEFHEBBERS – US KOOR EN TUKS CAMERATA

Die Stellenbosch Universiteitskoor ry tans op die kruin van die golf. In Julie vanjaar het dié koor skoonskip gemaak by die Llangollen Internasionale Musiek-eisteddfod in Wallisdeur al drie kategorieë waaraan hulle deelgeneem het (Jeugkore, Gemengde kore en Oop kore)te wen. André van der Merwe, die koorleier van die Stellenbosch Universiteitskoor, het ook die Jayne Davies-prys vir beste dirigent by die Llangollen-eisteddfod ontvang.

Op die 8ste Augustus kry koorentoesiaste die geleentheid om die US Koor saam met nog ’n wêreldbekende Suid-Afrikaanse koor te beleef – TUKS Camerata, wat op 19 Maart vanjaar sy 50ste verjaardag gevier het. Hierdie Pretoriase koor het, onder leiding van die bekroonde dirigent Michael Joseph Barrett,in 2017 die gesogte Grand Prix of Nations-prys vir die beste gemengde jeugkoor in Riga, Latvië, verower.

Die US Koor-dirigent, André van der Merwe, sê die twee kore se uiteenlopende reportoriumkeuses beloof om ’n opwindende luister-ervaring vir die gehoor te wees.

Die twee kore gaan die uitvoering saam afsluit met “Angel by the Wings”. Toeskouers kan dus uitsien na ’n hoendervleisvertolking van hierdie gewilde lied deur ’n massakoor van amper 200.

Klik hier op “Stellenbosch University Choir” om te hoor hoe die US Koor onder meer “Angel by the Wings” in Llangollen sing.

Een feesganger was so aangedaan van die koor se uitvoering van “Let My Love Be Heard” by die Llangollen-eisteddfod dat hy die titel van dié lied op sy binne-arm laat tattoeëer het. SIEN DIT HIER: https://www.facebook.com/karlize.korf/posts/1497950653645041

Die US Koor sal ook hierdie lied in die konsert op 8 Augustus sing.

Kaartjies vir die US Koor & TUKS Camerata-konsert in die Hugo Lambrechts-ouditorium in Parow is op Computicket beskikbaar: https://online.computicket.com/web/event/su_choir_tuks_camerata/1206781585/0/86278089

Vir verdere inligting, kontak Ulrike Vorndran by die Woordfeeskantoor: WOORD@sun.ac.za of 084 951 8267.

 


Kontakinligting
Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch
+27 (0) 21 886 5036
+27 (0) 87 238 2078
adminfees@sun.ac.za
Meld aan vir ons nuusbrief