Kliek vir kaas en kontant

Voltooi die Toyota US Woordfees-meningspeiling oor musiek en jy staan ’n kans om ’n R1 000 kontant en 5 kg kaas te wen. Dit sal jou net 3 minute neem - KLIK HIER

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 13 Augustus 2019.

Wie kwalifiseer om deel te neem?

  • Enige Suid-Afrikaanse burger kan deelneem, maar deelnemers jonger as 18 moet toestemming van hul ouers of voogde verkry.
  • Werknemers van Toyota US Woordfees en hul familielede word nie toegelaat om deel te neem nie.

Reëls, bepalings en voorwaardes:

  • Een wenner sal deur die US Woordfees getrek word.
  • Geen inskrywings wat na die sluitingsdatum ontvang word, sal in aanmerking kom nie.
  • Die subjektiewe besluit van die beoordelaars is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die wenner sal telefonies in kennis gestel word dat hy/sy gewen het. Die wenner sal ook op 20 Augustus 2019 op alle Woordfeesplatforms aangekondig word – webblad (woordfees.co.za), Facebook, Twitter, Instagram.
  • Die kompetisie voldoen aan die vereistes van die Verbruikersbeskermingswet.

 

 

 


Kontakinligting
Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch
+27 (0) 21 886 5036
+27 (0) 87 238 2078
adminfees@sun.ac.za
Meld aan vir ons nuusbrief