Sit die fees in die palm van jou hand

Die nuwe Woordfees-app kan gratis van die Google Play en Apple App Store afgelaai word en dis ’n volledige eenstop-inligtingsbron – ’n gids-kalender-kaartjiekantoor-GPS-in-een.

Die Woordfees is ’n groot fees. Daar is 497 aanbiedings in meer as 60 venues en tien kategorieë, maar met hierdie nuwe toepassing kan jy die omvangryke program maklik baasraak en in jou sak saamdra. As jy op PROGRAM klik, kan jy soek onder Alfabeties, Kategorie, Dag of Venue.

Gebruikers kan met behulp van die app:
- ’n persoonlike feeskalender opstel
- kaartjies aankoop
- venues vind en opspoor (jy kan direk deurklik na Google Maps)
- op hoogte bly met nuus en resensies, voor en tydens die fees

Met die nuwe Woordfees-app kan jy agteroor leun en ontspan. 


Kontakinligting
Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch
+27 (0) 21 886 5036
+27 (0) 87 238 2078
adminfees@sun.ac.za
Meld aan vir ons nuusbrief