Woordfees Fringe

Kom hou jou jonk by die Woordfees Fringe. Dis dié plek vir stoute skoene, algemene onverantwoordelikheid en groot kansvattery. Moenie jou ouma saambring nie, behalwe as sy wild en op en wakker is. Ook nie gerig op honde, kleuters en kakiebroeke met vooropgestelde idees nie. Oopkoppe en hoodies sonder houdings is welkom.

Als is nie ’n joke nie, maar daar is stand-up. In die aande. In die dag is daar teater, verwag enigiets. Ook diskoers oor heavy, maar belangrike goed. Kom praat saam, anders gaan iemand namens jou praat. En dis cultural appropriation. Soort van. As hulle nie die wêreld verstaan soos jy dit verstaan nie. If at all. Daar is ook jazz in die aande. Dis vir mense soos jy, en diesulkes.

By Edinburgh, die grootse kunstefees in die wêreld, is die Fringe groter as die fees. En dit het alles begin toe kunstenaars wat nie genooi is om op te tree nie, in elk geval opgedaag het. En hulle ding gedoen het. Oorgeneem het. So kom neem oor. Ons dare jou.

As jy ’n show of ’n idee het, mail vir Corné by wf2019@sun.ac.zavoor 1 Februarie en hoor hoe dit werk. Teater, kabaret, pretty much enigiets is moontlik.


Kontakinligting
Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch
+27 (0) 21 886 5036
+27 (0) 87 238 2078
adminfees@sun.ac.za
Meld aan vir ons nuusbrief