Woordtrofee-nominasies vir 2019

Die benoemings vir vanjaar se US Woordfees Woordtrofee-toekennings is pas bekend gemaak. Die wenners, wat elkeen ’n kunswerk en ’n trofee sal ontvang, word aangekondig tydens ’n spesiale geleentheid op 4 April.

Die benoemdes (in alfabetiese volgorde) is:

Beste opkomende kunstenaar(s)
Carpets
In Slavenhuis 39
Raak

Visuele kunste: Beste aanbieding
Elbé Coetsee (Lap se onthou)
Jean Theron Louw (My Afrika-wildehonde)
Theresa Jo Wessels [Die obsessie – Die emmer]

Klassieke musiek: Vokaal
Cecilia Rangwanasha (Verdi se Requiem)
Libertaskoor (Verdi se Requiem)
Kamerkoor van die Universiteit Stellenbosch & Lund Universiteitskoor Hemispheres: Choral Music from South Africa and Sweden
Universiteitskoor Stellenbosch

Klassieke musiek: Instrumentaal
David Salleras (saxofoon) & Christopher Duigan (klavier) [Indigo]
Erik Dippenaar & Camerata Tinta Barocca (Glorious Baroque)
László Kuti (klarinet), Peter Martens (tjello), François du Toit (klavier) [Contrasts]
Olga Kern (Prestige-klavieruitvoering)

Beste tegniese prestasie
GodgOdgoD (produksie-ontwerp: Wolf Britz & Ilana Cilliers)
SAMSON (musiek en -regie: Shane Cooper)
SAMSON (video-animasie: Kirsti Cummings)
Sky en Czech (produksie-ontwerp: Marí Borstlap)

Woordkuns
Susanne Beyers (Dr. Hans Spatel en die boeksuster)
Juanita Swanepoel (Regie: ’n Oulap se rooi en Dr. Hans Spatel en die boeksuster)
Woutrine Theron (’n Oulap se rooi)

Toneel: Beste byspeler (vroulik)
Martelize Kolver (Katvoet)
Greta Pietersen (Kleedkamer-blues)
Esther von Waltsleben (Toutjies & Ferreira)

Toneel: Beste byspeler (manlik)
Wessel Pretorius (Kleedkamer-blues)
Richard September (Swerfgoed)
Jodecee Solomons (Die gangsters)

Toneel: Beste ensemble
Babbelagtig
Die road trip
Kleedkamer-blues

Toneel: Beste speler (vroulik)
Joanie Combrink (Toutjies & Ferreira)
Cintaine Schutte (Tien duisend ton)
Tinarie Van Wyk Loots (Katvoet)

Toneel: Beste speler (manlik)
Andrew Buckland (Endgame)
Jefferson J Dirks-Korkee (Rooilug)
Ben Pienaar [DEURnis (Net)]

Toneel: Beste regisseur (toneel)
Marthinus Basson (Die gangsters)
Wolf Britz & Nicole Holm (Toutjies & Ferreira)
Nico Scheepers (Katvoet)
Sylvaine Strike (Endgame)

Toneel: Beste Woordfees-toneeldebuut
Die road trip
Katvoet
Tien duisend ton

Toneel: Beste teaterstuk
Die gangsters
Katvoet
Rooilug
Toutjies & Ferreira

Kontemporêre musiek: Beste solo-kunstenaar
Jo Black (Bring die hoop weer terug)
Joshua na die Reën (Someraarde)
Grethe van der Merwe (Inversie)

Kontemporêre musiek: Beste groep
Amazink Live: Season 6
Soweto String Quartet ontmoet Loki Rothman
Spoegwolf

Kontemporêre musiek: Beste musiekgedrewe produksie
Katrina: Die dansende taal
Samson
Uit die bloute

Die Woordtrofees word op 4 April by ’n toekenningsgeleentheid in die Oude Libertas Teater op Stellenbosch oorhandig. Die gewildste boeke op die skrywersprogram sal ook Woordtrofees ontvang en ’n aantal spesiale pryse sal by dié geleentheid oorhandig word.


Kontakinligting
Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch
+27 (0) 21 886 5036
+27 (0) 87 238 2078
adminfees@sun.ac.za
Meld aan vir ons nuusbrief