Klub Loyale

wklub

Voordele van KLUB LOYALE Lidmaatskap:

1. Kry eerste geleentheid om kaartjies op Computicket te koop!

  • Klub Loyale lede kry eksklusiewe toegang tot Woordfees-kaartjies op Computicket 3 dae voor die res van die publiek.
  • Woordfees kaartjies op Computicket maak 16 November 2018 oop vir Klub Loyale lede en 19 November 2018 vir die publiek.

2. ‘n Klub Loyale feessak!

  • Klub Loyale feessakke kan vanaf 15 Februarie by die Woordfeeskantoor afgehaal word - Erfurthuis, Ryneveldstraat, Stellenbosch.

3. BBP-parkering tydens die fees!

  • Ligging: Speelgoed-museum, Markstraat, Stellenbosch-sentraal.
  • KLUB LOYALE parkering identifikasie kan saam met jou feessak by die Woordfeeskantoor afgehaal word.

4. Gratis toegang tot Pendeldiens tydens die fees!

  • Bussies pendel dagliks tussen die Speelgoed-museum en alle feesvenues
  • KLUB LOYALE pendeldiens identifikasie kan saam met jou feessak by die Woordfeeskantoor afgehaal word.

5. Afslag en spesiale aanbiedings op Woordfees-produksies.

  • Spesiale afslag op verskeie Woordfeesproduksies sal maandeliks per e-pos aan jou gestuur word.
  • Die unieke nommer op jou Klub Loyale-kaartjie is jou promosie-kode. Gebruik jou unieke nommer om gebruik te maak van jou Klub Loyale-afslag op Computicket. Hierdie kode word by elke aankoop van ’n afslagkaartjie vereis. 
  • Die unieke lidnommer is op die voorbeeldkaartjie hieronder omkring. Wanneer jy by Klub Loyale aansluit, kry jy so ’n kaartjie met jou unieke nommer op.
  • Lede kry net afslag op produksies wat op die Klub Loyale-afslaglys vir die betrokke maand is. Elke lid kan slegs een afslagkaartjie per produksie koop. Die afslaglys sal maandeliks in ’n nuusbrief met Klub Loyale-lede gedeel word.

Hoe om aan te sluit:

  • Koop jou Klub Loyale lidmaatskap by enige Computicket-verkoopspunt of klik hier om dit aanlyn te koop.
  • Stoor die unieke nommer op jou Klub Loyale kaartjie veilig. Dit is jou promosie kode vir afslag op Computicket.
  • Kom haal jou Klub Loyale sak asook jou Parker & Pendel identifikasie by die feeskantoor af vanaf 15 Februarie 2019.

Kom geniet die fees!

PRYS: R200 per lid per jaar

Meer lede kan aansluit in aanloop tot US Woordfees 2019.

sanlam-1
nati-1

Kontakinligting
Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch
+27 (0) 21 886 5036
+27 (0) 87 238 2078
adminfees@sun.ac.za
Meld aan vir ons nuusbrief