KAREN ZOID – DAAR’S NOG PLEK, LEKKER PLEK!

Karen Zoid se viering van haar 20 jaar in die musiekbedryf saam met die Kaapstadse Filharmoniese Orkes is een van dié topverkopers by vanjaar se Toyota US Woordfees. Kaartjiekopers het egter verskeie vrae oor hierdie konsert. Hier is die antwoorde op die mees algemene vrae. Ja, daar is nog plek beskikbaar in die Algemente Toegang-area. Bring net ‘n eie kombers, hoed- en sonskerm. Die Goue- en Silwersirkel-areas is egter uitverkoop. 

– Ja, jy kan jou eie stoel bring of huur vir die Algemene Toegang-area, maar in die Goue- en Silwersirkel-areas is reeds stoele geplaas.
– Nee, jy kan nie jou coolbox, eie drank, boombox, gazebo, viool of sambreel bring nie. 
– Ja, daar is ’n speelplek en aktiwiteite vir kinders.
– Ja, daar is ’n kroeg met craft-bier, gin en goeie wyn.
– Ja, daar is kosstalletjies en koslorries.
– Ja, jy kan verniet parkeer reg langs Van der Stel Sportgronde.
– Ja, daar is ’n pendeldiensstasie reg langs Van der Stel.
– Ja, kom vroeg. Hekke open 17:00.
– Ja, bring jou gedrukte kaartjie saam hek toe.
– Kinders o/6 gratis | Kinders o/16 – R80 
– Vat jou ID saam kroeg toe as jy nie 18 lyk nie. As jy nie 18 is nie, moenie drank probeer koop nie. 
– Om vloei te versnel en toue kort te hou, is ons kantantloos – jy kan dus net met debiet- en kredietkaart betaal. Dis veilig, vinnig en moeiteloos.
– Geen glas op die gras toegelaat nie.

Kry jou kaartjies hier.

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on linkedin
LinkedIn
Share on google
Google+
Lees ander berigte