Kom proe die blink toekoms

Vir wyn-entoesiaste is die Cabernet-vat-proe op Waterford ’n kans om Stellenbosch se beste Cabernet Sauvignons uit die vaatjie te proe – ’n voorreg wat normaalweg slegs wynmakers beskore is. ’n Verskeidenheid van top-wynlandgoedere en hul wynmakers sal wyn uit hul beste vaatjies aanbied om dit te vergelyk met die huidige reeds beskikbare oesjaar van dieselfde Cabernet. Hierdie unieke proe word aangebied deur die Stellenbosch Cabernet Collective op die Waterford Landgoed.

Kevin Arnold, Waterford se besturende vennoot en keldermeester vertel meer. 

Hoekom is dit spesiaal om wyn uit die vat te proe? 
Wanneer jy uit die vat proe, kry jy die skaars geleentheid om ’n jong wyn te leer ken in ’n jong ontwikkelingsfase. Die wynmaker sal daar wees om dié ervaring vir die wynproewers te ontsluit.

Beskou jy cabernet as die grootste van die sogenaamde “groot ses” van edelkultivars? 
Cabernet sauvignon is ongetwyfeld die koning van rooiwyne. Onder die wêreld se beste wyne is daar meer cabernets as enige ander rooi variëteit. Stellenbosch is dié cabernet-streek. Dis die tuiste van die meeste top-cabernets wat in Suid-Afrika gemaak word.

Kry jou kaartjies hier.

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on linkedin
LinkedIn
Share on google
Google+
Lees ander berigte