Dit was ‘n opwindende plesier en voorreg om Woordfees TV in jou voorkamer aan te bied, maar ongelukkig was dit nie moontlik om kaartjies vir die televisiefees te verkoop nie. Kaartjieverkope is egter nodig vir ons om jaarliks ʼn fees te kan aanbied. Daarom doen ons ʼn vriendelik beroep op jou om jou liefde vir die fees te wys deur ʼn kaartjie, of soveel kaartjies as wat jy kan bekostig, te skenk. Só help jy om Woordfees 2022 moontlik te maak en die kunste lewend te hou.
Deur ʼn bydrae tot die Liefde-vir-die-Woordfees-veldtog te maak, ondersteun jy die hele Woordfeesspan, die kunstenaars, ons tegniese span, ons ontvangspersoneel, die pendeldiens en die meer as 600 tydelike personeellede aan wie die fees jaarliks werk verskaf.
Banknaam: Standard Bank
Rekeninghouer: Lief Woordfees
Rekeningnommer: 060633182
Takkode: 051001
Tipe Rekening: Lopende Rekening
Swift-kode: SBZA ZA JJ
Verwysing: Gebuik asb. jou e-posadres as verwysing wanneer jy ‘n betaling maak
Skenk soveel as wat jy kan bekostig deur jou donasie direk in die Lief Woordfees-bankrekening in te betaal.
Maak ʼn donasie deur gebruik te maak van die QR-kode links en ‘n betaling te doen deur SnapScan.
Alle regte voorbehou. ©2020 US Woordfees.
Webtuiste deur WOWW Digital