Galery: Kinderfees

LIEWE HEKSIE VANG VIS

Met: Margit Meyer-Rödenbeck, Deon van Zyl

Die Liewe Heksie-span, wat twee jaar agtereenvolgens die Kanna vir beste kinderteater by die KKNK gewen het, is terug – met Levinia wat dié slag sukkel om die vis aan die besemstok te laat byt. Intussen raak koning Rosekrans se forelle ál minder – is Heksie die skuldige of is die nare Geel Heks ook weer in die prentjie? Verna Vels se verhale bied hope aksie en prettige gehoordeelname.

BRAAM EN DIE ENGEL

Met: Joanie Combrink, De Klerk Oelofse, Rehane Abrahams, Marelize Viljoen, Shaun Oelf

Die geliefde kinderboek Braam en die engel is verwerk as ’n magiese, multi-dissiplinêre teaterervaring vir die hele gesin. In dié boeiende storie oor die krag van vriendskap, verbeelding en hoop word ’n pasaangestelde streeksengel op ’n sending gestuur om te keer dat die inwoners van Wale van ellende vergaan. In Wale ontmoet die engel vir Braam en saam vertrek hulle op ’n reis wat hulle deur talle dorpe met verskillende uitdagings neem.

THE KING OF BROKEN THINGS

Met: Cara Roberts

Gaan op ’n avontuur na ’n wêreld waar weggooigoed, ook harte, heelgemaak word. Magic is oral om ons en dié vertoning is ’n herinne­ ring dat ons optrede gevolge het. Ons gewone sterflinge sal beslis baat vind by die drie towerwoorde: Verbeel, droom en glo.

S

STARS - IINKWENKWEZI – STERRE

Met: Angelo Bergh, Frances Bruwer, Alet Bruyns, Scott Dallas, Sharfa du Plessis, Angelique Filter, Alyssa Jacobs, Dhania Schultz, Masilo Silokazi, Lethubuhle Sogoni, Liané van Vuuren

Hierdie veeltalige kinderproduksie vertel stories oor sterre: Wat is sterre? Hoeveel is daar in ons hemelruim? Bestaan daar iets soos sterrekabouters wat die heelal skoonmaak? Sterrestories word deur die eeue heen al oorvertel, of dit nou is deur jou ouma, oupa, onderwysers of deur dié All Stars-teatergroep. Kom kyk hoe die groep jou wegvoer met stories oor onder meer die Melkweg, Suiderkruis en die Jagter-konstellasie.

Facebook
Twitter
LinkedIn