Nuwe spyskaarte op die Langtafel

Die Langtafel is vir baie Woordfeesentoesiaste ’n jaarlikse hoogtepunt en geliefde tradisie. Dit is aan hierdie Langtafel, onder die bome in Victoriastraat, waar daar op die aand van 5 Maart op die afskop van die 21ste Toyota US Woordfees geklink sal word. Daar gaan straatkunstenaars, musiek, top-spyseniering en -wyn wees.

Vanjaar kry gaste opwindende nuwe spyskaartkeuses. Van Stellenbosch se beste restaurante verskaf die kos en gaste kan kies by watter restaurant se langtafelsegment hulle wil eet. 

Die Langtafel werk vanjaar só:

– Gaste kan net een spyskaart kies. Jy kan nie ’n eie spyskaart saamstel met keuses vanaf verskillende spyskaarte nie.

– Gaste kan slegs aan die tafels van die restaurante sit by wie hulle gekies het om te eet. ’n Mens kan dus nie ’n kaartjie vir, byvoobeeld, die Hussar Grill-spyskaart koop en dan by die De Warenmarkt-tafel bedien word nie. Vriende wat saam wil sit, moet saam besluit vir watter restaurant hulle kaartjies wil koop. Met ander woorde, wanneer jy ’n kaartjie vir ’n spesifieke spyskaart koop, bespreek jy ’n plek aan daardie restaurant se tafel.

– Gaste van die Toyota US Woordfees se Langtafelmaaltye word deur spyseniers voorberei en nie deur een van die restaurante nie. Enige gaste van die fees wat verkies om eerder ’n kaartjie vir een van die restaurantspyskaarte te koop, is welkom om dit te doen. Dit sal egter vir die gas se eie rekening wees.

– Daar sal ’n kontantlose kroeg beskikbaar wees waar gaste met kaart of Snapscan kan betaal.

Kry jou kaartjies hier. (Spyskaarte ook op Computicket te sien)

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on linkedin
LinkedIn
Share on google
Google+
Lees ander berigte