30 Beste Bokke

Afrikaans
60 Minute

14 Oktober

11:00
R75 | R100 by die deur

Die sportjoernalis Dawie Boonzaaier gesels met Bun Booyens oor sy boek, 30 beste Bokke. Wie is die beste Springbok van die moderne era? Hoe kies jy tussen Bakkies Botha en Eben Etzebeth? Sou Juan Smith vir Pieter- Steph du Toit disnis duik? Van die land se toprugbyskrywers se onderhoude, interessante statistiek, foto’s en staaltjies uit die kleedkamer word in die boek vertel. Daarby word die beste en grootste oorwinnings in Bok-rugby gelys, die Suid-Afrikaanse taktiese innovering word ontleed, en ’n beste Springbok-vyftiental word aangewys. Die mavericks, die grootste duikslae, die sakke vol trofeë, die inspirerende leiers, die kan-nie-mis-stelskoppers, en ja, die absolute rugbygenieë word met hierdie boek gevier. 

Aangebied deur Tafelberg