Om op die internet ’n woonstelmaat te vind as jy in die twintig is, is ’n riskante storie… Carly trek onverwags by Melo se woonstel in. Saam gaan die twee op ’n ontdekkingsreis om hulle geestesgesondheid, seksualiteit, geldsake, loopbaan en ’n raaiselagtige vaginale afskeiding in die badkamer van Lavender Close 32 te verken. Dis ’n ode aan ’n tyd wanneer jy nog nie te oud is om nié die seksgrappie te maak nie, maar ook nie cool genoeg om jou 15-jarige broer te beïndruk nie. Hou jou vriende naby… en jou woonstelmaat nader.