67 Blankets

67 Blankets

EasyEquities Skrywersfees
Meertalig
60 Minute

1 Oktober

13:00
R80 | R100 by die deur


Niefiksie

In 2013 het Zelda la Grange vir Carolyn Steyn ’n allemintige uitdaging gestel – om 67 komberse te maak as ’n bydrae vir Mandela-dag. Daardie eerste 67 komberse het gelei tot die stigting van ’n nie-winsgewende organisasie wat vanjaar al vir ’n dekade mense se lewens verander deur die gee of ontvang van ’n handgemaakte kombers. Carolyn se vriend André Schwartz gesels met haar oor die beeldskone boek 67 Blankets for Nelson Mandela Day: The Knitting and Crochet Revolution vol stories en foto’s oor die spesiale komberse, en die mense wat hulle maak.