Terwyl Louis Loock regmaak vir ’n operakonsert, deel hy sy drome en die karakters wat hy graag sou wou vertolk: Phantom in Phantom of the Opera, Marius in Les Misérables, King Herod in Jesus Christ Superstar, Emcee in Cabaret… Soos hy vertel, word dié karakters lewend. Wanneer dit tyd is vir die konsert, sing hy gunstelinge soos “Dein ist mein ganzes Hertz”, “La donna è mobile” en “Nessun Dorma” voor hy terugkeer na die kleedkamer waar sy drome voortleef in die magiese wêreld van die musiekblyspel.